kies jou hempie.
ons begin.
hempie. het ontstaan toe ek eendag voor my oorvol klerekas gestaan het en gewonder het wat ek na 'n braai gaan aantrek. Al het ek baie hemde gehad, het dit steeds gevoel of ek niks het om te dra nie. Party was al vol gaatjies, ander se prints was te groot of te besig. Ek wou net 'n eenvoudige, premium hemp hê wat goed pas en by amper enige geleentheid werk.
En so het hempie. begin.
180gsm · 100% katoen
Ronde nek. Dik genoeg om te hou — nie dun en deursigtig na ’n paar wasse nie.
30-dae risiko-vry
Verkeerde grootte of nie gelukkig nie? Gratis omruiling óf volle terugbetaling binne 30 dae.
Klein batches
Klein batches — wanneer dit uit is, is dit uit. Geen ewige herdruk nie.
FAQ's
Hoekom R399 vir ’n T-hemp?
Jy koop nie net stof nie — jy koop ’n oomblik-reg tee in 180gsm 100% katoen, klein batch, en 30 dae omruiling óf terugbetaling. Goedkoop tees kos minder tot hulle dun word en jy weer moet koop.
Hoekom nie Woolies / Mr Price / self maak nie?
Self maak: Jy betaal vir die rou T-hemp, druk, tyd, en foute — sonder die regte snit, GSM, of klaar-aanbod. Woolies / Mr Price: Goed as jy ’n generiese tee soek. hempie. is vir ’n spesifieke oomblik (braai, kerk, uitgaan) met kwaliteit wat moeilik is om so gemaklik te kry. Jy koop die regte hempie. — nie net “iets om aan te trek” nie.
Wat as dit nie pas nie?
Unisex, pas redelik groot — as jy twyfel, gaan een kleiner. S 86–96cm · M 96–107cm · L 107–117cm. Binne 30 dae: gratis omruiling óf volle terugbetaling as dit ongedra is. Die risiko sit by ons.
Wees eerste om te hoor van nuwe hempies, beperkte vrystellings en toekomstige drops